Liefde en Verhoudings
Ek dink aan jou
Hier in die suidelike halfrond gooi die wolke nog hulle vir-oulaasreën, skud die witstinkhout sy blare al hoe dikker op die gras uit. En jou afodille en rooi tulpe bloei seker al en hoop dat dié jaar se somer asseblief tog een week langer kan skyn. Dink jy aan my? |
Vervul
l i n g Die weduwee se wynglas raak nie leër nie; dit word voller kouer flouer met elke blokkie ys wat val |