op_besoek_aan_clarens.mp3 | |
File Size: | 1229 kb |
File Type: | mp3 |
Op besoek aan Clarens, Oos-Vrystaat
As jy 'n honderd tree stap weg van my ma en pa se huis oor die groot grasperk van hulle erf wat afkyk op die sinke van hulle swart vriende kom jy by oom Daan se plek. Verby die los drade van twee vriendehekkies staan jy by sy oop deur en klop. Terwyl jy wag vir die stoel se kraak om nader te skuifel kyk 'n dammetjie in jou rug vas: daar kruip paddas weg tussen kristalle wat hier van oral kom lê het. Die groot man met 'n groot gesig nooi jou met 'n krakerige pypstem en 'n oop hand om sy wêreld in te stap. Die kamer is 'n boekrak teen die mure. die geselskap van Cloete en Calvijn se institusie praat met 'n versigtige bas stem jou belewenis binne. Langs boekstoppe is fossiele van dinosourusse en mensefotos uitgestal van jare lank gelede. Om so 'n koppie tee kan mens tevrede oud word. Ek kry die idee dat die pype wat gerook is se mis gesak het om diep in te trek in die mat. |