Kanselknaap Konfessies
  • Home
  • Lees My Gedigte
    • Nuwe Stemme 6
    • Godsdienstige Gedigte
    • Liefde & verhoudings
    • Natuur
    • Die Lewe
  • Luister
    • Luistergedigte
    • Luisterliekies
  • Woordsketse Blog
  • 'n Biki Baie Bloggery
  • Galery
    • Galery
    • Galery_4
  • Wie Is Ek?
  • Kontak My
  • Skakels
Picture
naude_kritzinger_drup_drup.mp4
File Size: 6765 kb
File Type: mp4
Download File

hoor_hoe_drup_dit.mp3
File Size: 2937 kb
File Type: mp3
Download File

Hoor hoe drup dit 

(Drup-drup)

Die druppels drup-drup
onder op die sink geut.
'n Kar-alarm skree wolf-wolf
hoër op teen die straat. (x2)

Dis koud hier met my kortbroek
terwyl ek na woorde soek
om die plassies op die leiklip
ook op te vang.

Die swart kat skuur sy stert verby
en vra my vir 'n laaste vryfie;
ek laat vaar die nag
ruil hom vir 'n warm stort

Hy vra my vir 'n laaste vryfie;
Voordat ek die nag laat vaar
hom inruil vir 'n warm stort
en 'n snoesige duvet.

liefdeslied.mp3
File Size: 3329 kb
File Type: mp3
Download File

Liefdeslied vir jou


E                     A                         B
Ek sing my liefdeslied vir jou
E                                                 B
Voor ek wou vra was jy al daar
E                   A                                        B
Toe ek my keel skoonmaak het jy gelag
           A
En gesê:
B                                 E
Ek wees eerder ‘n vriend vir jou

Toe ons nog langs mekaar gesels
ek my hand na joune loer
Maar jou hand het weggekyk en ek
Het gesien
jy wil nog op jou eie boer

*

My tydsberekening was vlot
Die horison was geel en rooi
Maar toe ek vra of jy met my sal trou
Huil jy.
Wat moet ek daarvan maak?

*

Ek sing my liefdeslied vir jou
Voor ek wou vra was jy al daar
Toe ek my keel skoonmaak het jy geknik
En gesê:
Natuurlik sal ek trou

Powered by Create your own unique website with customizable templates.