Hierdie keer vertel ek net ‘n storie. Ek krap so met my vingerpunte aan wat die storie beteken. Daar lê iets in die gebeure, maar ek weet wraggies nie wat nie. Dalk kan jy vir my sê. Of miskien is dit soos ‘n “van-der-merwe-loop-in-die-kroeg-in”-grappie; as jy die punchline moet verduidelik is die joke ‘n flop. So is die lewe mos ook: onverduidelikbaar. Dit ís net. Mense spin van alle kante hulle drade deur die bosse van hulle lewens en êrens in die harwar kruis die drade op die vreemdste maniere. Dan hoor jy skielik vreemdelinge se stemme en jy ontdek dat hulle al die tyd bekend is. Of so iets.
Ek ken vir Lieze Stassen nog net so twee maande.
Drie jaar gelede, vertel sy, ry sy in die strate van ‘n voorstad rond op soek na ‘n adres. ‘n Vreemdeling by die Kwikspar het haar soontoe beduie toe sy hom vra waar die herder van Mountain View is. Want sy het ‘n influistering gehoor, vertel sy ons groepie van vyf wat om die tafel sit. Mens wil dit nie te maklikkwytraak dat God vir jou iets sê nie; daar’s mos baie ander dinge wat ook soos pampoenpitte in ‘n mens se kop kan ratel. Maar dit het blykbaar blerrie baie soos God geklink. Julle sien, haar swaer se seun het 18 geword die dag. Geld was bitter skraps in daai tyd, maar sy sou graag wou bydra dat daar darem ‘n stukkie wors in elkeen van die vriende se lang-buns kon wees. En hier kom fluister die stem van God (?) dat die herder van die omgewing ‘n skildery van haar sal koop. Nie dat sy die omgewing ken nie. Maar net daar ontvoer sy en haar man (het hy ooit ‘n keuse gehad?) ‘n paar skaflike skilderye uit haar uitstalling en maak dit op sy bakkie vas. Spar toe. En toe na die beloofte land van die herder.
Een middag ‘n maand of wat terug het sy en my spesiale vriendin by my aangekom om hulle kar vir die middag by my te parkeer. En Lieze, totaal teen haar aard, is so stil soos ‘n muis. Sy wandel soos die twaalf verspieders tussen die leiklippe en hondemis deur in die rigting van my voorhekkie. En wandel nog dieper in haar gedagtes al die pad terug tot in my Fordjie. Die aand sê sy vir my geliefde: “Bel Naudé en vra hom waar sy ‘Onse Vader’ skilderyis.”
Baie dinge in hierdie storie is nog nie vertel nie. Hoe skaam Lieze se man in die kar weggekruip het. Hoe oulik my ex-vrou daai dag was. Sy’t dadelik gesien dat hierdie nie sommer net ‘n langoog-deur-die-kleinhekkie bedelstorie was nie. Ek wonder skaam-skaam of ek daardie dag so geneë sou wees soos sy. Ek sal nooit weet nie, want ek het in my studeerkamer weggekruip. Soos Lieze se man het ek ook maar nie veel van ‘n sê gehad op die transaksie nie. (“Ja vrou, goed vrou, hier’s my beursie vrou.”)
Baie ander drade is intussen ook in ons altwee se stories gespin. Mense wat raakgeloop is en vasgesit het en ander wat gou weer losgevlieg het. Lekkerkry en seerkrye en vatte en losse. Daar’s mos ‘n tyd vir alles in hierdie wêreld, sê die prediker. En spin, spin ons nog steeds ons stories. Maar hierdie twee paadjies wat twee keer so mooi choreografeer... ek weet nie wat om daarmee te maak nie. Ek dink daar’s baie sulke stories. Miskien is sulke stories maar net ‘n knipoog van God. ‘n Gedeelde grappie tussen ou vriende wat al lank die pad saamloop. Soos ‘n drankie met ‘n skyfie humor in. Of ‘n baldadige sprinkel genade wat my hele lewe geur gee.Wat ek wel kan sê is dit: dit lyk of ek nie heeltemal op my eie hierdie storie van my spin nie.