Mens se onderbewussyn is 'n wonderlike ding. Die dat ek wonder of ek my vrou se kar regtig per ongeluk teen daai boom geskuur het die week nadat ons besluit het om te skei. Die onderbewussyn se hand kon nog ongemerk weggegly het uit ons lewens as dit nie daarvan was dat sy twee dae later my kar se modderskerm induik nie. Toevallig? Verstaan dit nou mooi – ons is nie nasty mense nie. Ons het besluit om die lelike egskei-ding mooi te probeer doen. Ons is, selfs in sulke omstandighede, nie die soort mense wat ander se karre aspris stamp nie. Belowe. Maar dit laat mens dink. Want dit wat jy voel moet êrens uitkom... Hoeveel van toevallighede wat ons op die duiwel, of selfs op God se skouers lê is actualy the mighty river of the underground unconscious wat uitborrel?
Nie dat ek enigsins 'n sielkundige is nie. Maar ek's darem nie so stupid dat ek hom nie raaksien nie. Dalk is mens se onderbewuste eerder 'n “sy” (maar hier gee ek nou te veel van my onderbewussyn weg). Dis sy wat terwyl jy slaap sin maak van al jou ervarings van die dag. Sy sorteer die ure van my dag lieflik, bou 'n legkaart-storie daarmee en gooi dit uit as 'n droom. Weirdste goed – drome! Van kleintyd af het sy my drome in drome verander. Jy het seker ook vliegdrome gehad as kind. Watter kind wil immers nie vlieg nie? My vliegdroom se patroon was dat 'n leeu my gejaag het. En al wat ek dan hoef te doen was om my asem op te hou. Dan styg ek soos 'n heliumballon in die lug op en lag lekker van die dak af vir die monster. Die onderbewussyn waai haar towerstaffie en (kebêêêêng!)... jou vrese kry 'n lyf. Soos die heks wat op 'n stadium elke aand aan die deur van my grot (ja, die deur van my grot) kom klop het. Later het ek haar patroon so goed geken dat ek weet sy maak net of sy wegloop van die deur af sodat ek moet uitkom.
Moet my nou nie vra wat simboliseer daardie ou heks nie. Party drome is mos maar net drome. Maar ander drome is 'n heerlike venstertjie waar ek kan inloer om te sien wat nou eintlik in my lewe aangaan. Neem my kaal-drome as 'n voorbeeld. Waar ek so naak soos 'n gladgeskeerde poedel voor mense verbyloop. By die skool of 'n openbare plek waarskynlik. Dominees droom hulle staan kaal op die kansel. (Ek lees êrens: “Follow your dreams. Except for the one where you're naked in church”.) My droom: ek bevind my so jaar terug by 'n toeriste aantreklikheid. Ek staan by 'n plek amper soos by die Coliseum. Daar is 'n buitelug konsert. Gelukkig het ek my kitaar daardie geleentheid saamgehad droomland toe, want daar was geen vyeblare naby nie. Ek hoef seker nie uit te lê hoe diep my vrees is om blootgestel te word nie. Soveel van my gedrag word daaruit gebore.
Êrens laas jaar hou ek skielik op met droom. En van toe af skrik ek gedurig wakker in die nag met halfgeskryfte gedigte in my kop. Dieselfde ou onderbewussyn verander toe haar naam van Klaas Vakie na My Muse. Drome, gedigte, skielike insigte, onverwagse reflekse; dis alles sy! Hoekom hou ek nie van daai ou in die mall se gesig nie? Want die arme vent se neus lyk net soos my standerd 8 wiskunde onnie s'n. Maar al wat ek weet is dat ek hom nie laaik nie.
Die onderbewuste is 'n boorgat wat die heeltyd aan is en water diep uit ons aardse verlede pomp. En as jy 'n ontploffing soek, verstop maar net sy bek met 'n aartappel of drie. Want uitkom sal dit dan woedend uitkom. 'n Lekker violent sport werk vir my om dit lekker te laat vloei. Of skelgedigte. En as die pomp skielik jou French Drain tref, maak seker die uitlaat is nie in jou beste maat se jacuzzi nie. Dalk moet dit eerder die gras weer laat groei in daardie droë graskol agter jou huis.
Arme ou onderbewussyn. Ek gee haar al weer 'n slegte naam. Soos almal van ons is sy sleg en goed. Span die merrie reg in en haar liefde ploeg die grond om vir wonderlike saad. Soos my een ander droom van laas jaar. Ek droom ek is in 'n dorpie en ek sien 'n mortier van hoog uit die lug presies vir ons gemeenskappie mik. Ek skree, gryp my vrou en kinders en snol soos die wind. Ons val net betyds agter 'n miershoop net buite die dorp. Ek kyk terug, vir 'n oomblik versteen net soos Lot se vrou. Maar toe ek kinders en vrouens sien bloei en hoor huil, wat doen hierdie bang soldaat? Ja, reg geraai. Terwyl nog bomme val, storm ek terug om dalk 'n paar te red.
Die magtige onderbewuste. Dis alles in ons.