Miracle
Ja-ja, ek weet ek het al oor 'n wonderwerk geskryf. Maar hierdie is nie 'n wonderwerk nie. Dis 'n Miracle. En ek sou waarskynlik heeltemal daarvan vergeet het as dit nie van 'n speletjie op Jakaranda Radio was nie. “Wat is die weirdste ding wat jy al opgetel het?”, het die man gevra. Toe vertel hy van 'n kar se sleutels (booooring!). My storie:
As jongman van vroeg in die twintigs het ek en 'n paar vriende en vriendinne in die Magaliesberge gaan stap. Lieflike plek wat aan die Pretoria Bergklub behoort met die naam Dome Pools. Heeltemal weg van die beskawing. Jou kraan is die riviertjie vyf meter van jou tent. Geen karre nader as tien kilometer nie. Wat die plek veral besonders maak is al die natuurlike super-tjoops wat die rivier deur die eeue tussen die kranse deurgekerf het. Vir honderde meters kan mens so loop-en-gly op jou boude af. Dit kan veral nogals pret raak as die meisies se kostjoems deurskuur. Maar nee, hierdie glye is natuurlik en grof – mens waag dit nie sonder 'n materiaalbroek bo-oor die sensitiewe boudjies nie. En as jy 'n leerpatch aanwerk... seepglad en blitsvinnig! Aan die einde van sommige glye is daar 'n saampaksel van iets swarterig op jou lappe. Dit blyk later die oorblyfsels van ietsies te wees wat al te veel soos klein waterskerpioentjies lyk. Nou ja - Africa is a tough country
Teen die middag het ons ons kneuse en wonde vergeet met 'n paar stelle Swartsanna. Dié kaartspel het erger name ook, maar op Windows roep hulle dit “Hearts”. Daarna word 'n boomwortel in die kampplek 'n kussing vir 'n middeldag uiltjie. En tussen die varings deur kan 'n bobbejaanmens (ek!) met wildevye se wortels so bietjie hoër teen die krans uitklim om die wêreld van 'n afstand af te bekyk. Totdat die dassies se grotgeure jou en jou neus wegjaag. Jip, paradise isn't all that it promises to be. (In so 'n storie vertel ek ook nie van die afwesigheid van toiletgeriewe in Eden nie.)
In my blou Karimor-rugsak se spesiale sakkie bêre ek die hoogtepunt van die naweek. Blikkies eksotika vir die sondag middagete. Ons geselskap se laaste ete in die kloof voor ons die groot terugstap aandurf. En ek en liefie gaan die ander kospaartjies groener as die vleiland maak. Ons (lees EK) het hard gedra aan al die yster en sap van daardie onthaal. Wyn en elke ding.
Daardie middagete is nog helder in my kop. Hoe ons na ’n uurtjie se stap tot by die laaste gly se onderkant gekom het. Hoe ek en liefie vol bravade die rooi tafeldoek uitgerol het vir onsself. Genuine fake kristalglase vir twee. Cabernet Sauvignon. Vir twee. Ek sien hoe rek ons maters se oë al hoe groter soos ons blikkies mossels, vis, groentemengsels en ingelegde watookals uitpak. Ek sien hoe my maters se oë toemond op skrefies begin lag. Want ek begin toe soek na 'n blikoopmaker wat ek skielik beslistelik weet nie daar is nie. Oh man! Alles verniet. Geen feesmaal. Geen lekkerkry van proe. Geen lekkerkry as ons die ander aan hulle droë pro-vitas sien wurg nie. En toe....
In die krakie van 'n rots 'n paar tree weg is 'n paar stukkies as en swartgebrande houtjies. (Alhoewel dit ’n misdaadstoneel is - mens mag nie by Dome vuurmaak nie.) Langs die vuurtjie wat iemand dalk 'n maand terug gemaak het, is daar... Ja ek weet die storie is voorspelbaar. Ek moet erken dat ek gejok het oor die Cabernet Sauvignon. Maar ek jok nie oor die waterskerpioene nie. En ook nie oor die blikoopmaker daar langs die grys vuurtjie nie. Hy was bietjie geroes, maar hy kon nog goed genoeg in die rondte draai. Nadat ek met 'n goofy bravade ons blikkies oopgesny het, kyk ek na die handelsmerk wat in fyn letters op die staal inbult. Ek sweer by my goeie naam. Okei, laat ek eerder net belowe. Miracle.
Hoe obvious moet die Here dit vir ons maak?
'n Jaar of wat later vertel ek opgewonde vir 'n sendeling wat ons gemeente ondersteun dat daar 'n wonderwerk in my tuin gebeur het. Vol evangeliese ywer blink haar oë. Totdat ek vir haar vertel van die Afrikaner-blommetjies wat opkom. En al wat ek gedoen het was om te plant en nat te gooi. Hoe obvious moet die Here dit vir ons maak? As ek nou terugdink was die glye ook 'n miracle. Die kloof was 'n miracle. Die slapie soos op 'n Jakob-kussing. Swartsanna saam met goeie vriende. Die reuk van dassiemis. Die feit dat ons toe blikkieskos met almal gedeel het was beslis 'n miracle.
Hoe obvious moet God dit maak?
My twee Afrikaner-kindertjies wat onder my neus opgroei. My hart wat heel groei. Die witstinkhout-blare wat na hierdie winter weer sal uitgroei. Jy.