'n Jakkels huil hard en naby. Ek skrik wakker. Sy lê langs my onder die karos en haal saggies asem. Ek skuif nader aan haar lyf en maak lepellê nes teen haar. My handpalm vind haar rondings en pas tevrede daarin. Vir 'n oomblik. My vingerpunt trek dan 'n streep al langs haar rugstring af. Dit trek pyl van tussen haar blaaie tot by die nou kloof van haar uitstaanboudjies. Die sand knars onder ons soos ek nader beweeg.
Die Boesman staan op die rooi Kalaharisand. Hy haal 'n pyl uit sy koker en toets die sening wanneer hy dit span. Die son sit laag. Dis die tyd wanneer die groot vuur moeër skyn en die woestynjagters weer kan lewe. Die kortman is honger. Hy sien die steenbokspoor al op die rif van die duin. Kosbare vog van lus versamel onder sy droë tong. Die feesmaal is in sy kop, maar die steenbok loop nog los. Die son en stof trek reeds 'n dofrooi streep op die reguit horison.
Met die boog oor sy skouer loop hy die voetspore van sy prooi. Hy word die steenbokooi. Ligvoets speel hy saam met haar deur die dorings van die woestyn. Hy proe, lek versigtig en laat sy hafnat tong tussen die dorings deurvleg om behendig die klein blaartjies af te stroop. Die klein plesiertjies van die veld krummel een-een in sy mond. Hy liefkoos die saadjies soos rivierklippies. Versigtig en heilig trek hy die dop van die fluweelrosyntjie in repies van die sappige vrug af. Saam proe hulle die soet veldheuning op die punt van sy tong.
Die jagter voel haar hartklop. Haar lewensritme vibreer soos warm aarde vanuit haar skuiling in die droë rivierloop. Instink word 'n roofdier gefokus op 'n dieper honger. 'n Honger gevoed deur geslagte se reëls van leef en laat miskien leef. Hy word 'n kat wat tree vir tree met sagte vingerkussings sluip op naakte warm sand. Skynbaar doelloos warrel die wind hom al hoe nader. Die magneet van haar vleis wat hom soos 'n aasvoël in 'n vernouende wentelbaan laat sirkel.
My vingers speelspot in ovale oor haar kaal rug. Haar bene. Haar lyf. Kielie soos 'n meerkat wat ligvoets en penorent regmaak vir die finale spring. Die sirkels word nouer. Sy lê nou op haar rug met haar duine wat soos golwe styg en daal, kus toe en terug. Die saggebreide haasvel skuif boontoe en span styf soos 'n riem. Ek skuif dit oor die sagte duine en tree die hellings op. 'n Diepsug tussen duim en wysvinger. Met albei hande se dun vingers rol sy die springbokvel om my los. Ek klop honger, soekend na die natuur se soetste vleis. 'n Potjie met tsammas en gemsbokfillet, kaiings en vetsous. Taaierig om my lippe wat ek smagtend aflek. 'n Happie en 'n proe. Soos 'n suikerbekkie wat sy lang snawel sagkens in die alwynkelk insteek en die soet nektar toets. Ek steek my snawel diep in my alwynmens in. Sy klim dieper in my in. En weer uit. En proe oor en oor die lewe se soetsap. Ons dans om die warm vuur en word van voor af beste maats. Vriende wat alles deel – geheime plekke, fantasië, ons donker gangetjies. Ons diepste menswees. Ons toekoms saam.
Die jagter is op sy hurke en word een met die ooi. Hy span sy boog tot duskant breekpunt. Hy maak sy krom vingers reguit. Die pyl klief na die klimaks van sy bestaan. Hy skiet deur die lug tot sielsdiep in haar lewensaar. Wanneer sy ooi inmekaarsak met glasige oë, verlaat daar ook vir hom 'n saad van sy lewe. Plat met sy gesig op sy rooi Kalahariesand lê hy soos 'n dooie. Hy dank haar gees wat sy so onselfsugtig deel. Iets spesiaal in sy veld is dood.
Winter. Uit die bloedgrond van sy stil moeder haal N!xau asem. Ek kyk in sy oë. Hulle kyk soekend en dors in my oë in. Asof hy wag op antwoorde oor die lewe wat kom en die lewe wat afgegee is. Sy eerste kreet knetter soos die van 'n versamelvoël los van sy nes. Dan breek sy stem soos geelgras wat vlamvat. Hy veg en brand.
Met N!xau in my arms loop ek op die dun streep bo-op die duin. Weerskante lê die verlede en toekoms voor ons oop. Ek volg die duinepad, waarheen weet ek nie. Miskien weet hy. Namens twee geslagte fluister ek: “!ke e:/xarra //ke. Ons is saam”.