Iewers in die jare 1947 tot 1948 het die Amerikaanse komponis John Cage ‘n goddelike stuk musiek geskryf. Hy self het die stuk, met die vreemde naam 4’33” (uitgespreek “4 minute, drie-en-dertig sekondes”) as sy belangrikste werk beskou. Die stuk bestaan uit drie kort dele. Op die bladmusiek van elkeen van die musikante is daar slegs rustekens. Net meer as vier en ‘n half minute van stilte. Wat ‘n grap.
In 1 Konings 19 lees ons ‘n storie wat ons kan laat wonder of daar nie waarheid in hierdie grap le nie. Elia staan op ‘n berg. Daar moet hy die Here ontmoet. En terwyl hy daar staan kom ‘n magtige wind op...
Maar in die wind was die Here nie.
Na die wind was daar 'n aardbewing. Maar in die aardbewing was die Here nie.
Na die aardbewing was daar 'n vuur. Maar in die vuur was die Here nie.
En na die vuur was daar 'n fluistering in die windstilte.
Toe Elia dit hoor, het hy sy gesig met sy mantel toegemaak
en by die bek van die grot gaan staan. (1Konings 19:11b-13)
Ons word gereeld gebombardeer met magtige godsdienstige winde wat op ons skree. Dalk ons oproep tot een of ander kursus of aksie. Bo-oor die snelweg val daar swaar woorde van advertensies op ons neer soos aardbewings: “Koop my! Lees my! Bel my!”. En daarmee word geluk belowe. En ‘n vuur wat brand kom magtig verby, maar gou is dit opgebrand.
Hoe ouer ek word (en ek’s nog nie so oud nie), hoe meer kom ek agter dat God se teenwoordigheid die sterkste in stiltes is. In vandag se lewe is dit maklik om in geraas weg te kruip, want dis orals om ons. Selfs in die kerk kan ons maklik agter ou en nuwe woorde vir God wegkruip.
Maar God nooi jou uit na stilte. Ontmoet Hom daar. Daar sal jy jouself ook kry. Soms kan dit ongemaklik wees en ongewoon. Maar op die ou-einde is die teenwoordigheid van God die plek van genesing en sin.