Is jy ook iewers in jou skoolloopbaan deur ‘n juffrou uitgevang: “Wat is die trappe van vergelyking van dood?” En die antwoord is nié “dood, doder, doodste” nie en nog minder “dood, gevrek, engeltjie”. Want as jy dood is, is jy dood. Maar Juffrou, mag ek maar aspris wees en 30 jaar later vra: “Is daar nie tog verskillende soorte dood nie?” En op elkeen wil ek die stempel van Psalm 116:8 afdruk: “U het my van dié dood gered”.
Die afgelope naweek het ek en twee vriende in die Drakensberge gaan stap. ‘n Paar keer het ons op ‘n paadjie gestap waar twee treë in die verkeerde rigting in ons met die eerste soort dood te doen sou laat kry het. Dalk klink dit onverantwoordelik, maar die teerpad terug na Pretoria het my meer as een keer nader aan die dood gebring het as al die adders en die kranse van die berg. As ons moet begin tel, hoeveel keer sal ons vir die Here kan sê: “U het my van die dood gered”? Ons lewe almal naby aan hierdie gapende afgrond.
Daar is ‘n ander soort dood wat dalk doder is. Kan dit so wees dat iemand asemhaal en rondstap op aarde, maar eintlik “dood” is? Psalm 116 vers 9 sê: “Ek mag leef in die teenwoordigheid van die Here, in die land van die lewendes” (‘n Direkte Vertaling). Hoe kan ‘n mens “dooier” leef as om afgesluit te lewe van God en van mense? Om nie lief te hê en liefgehê te word nie, klink vir my na ‘n tragiese manier van doodwees. En toe Jesus in ons teenwoordigheid kom leef op aarde, het Hy nie juis ons lewens kom red deur vir ons liefde te gee en liefde te leer nie? “U het my van die dood gered.”
En dan is daar die “doodste”. As ons lywe ophou asemhaal en ons sonder God is. Sjoe. Hoe dood sou ons wees as dit ons voorland is! Om na ons aardse dood of net op te hou bestaan of te bestaan buite God se teenwoordigheid. Neem ‘n oomblik. Skuif jou aandag saam met my na die eerste Paasfees. Simon Petrus praat 40 dae daarna só daaroor:
God het besluit en dit vooruit bepaal om Hom aan julle uit te lewer, en julle het Hom deur heidene aan die kruis laat spyker en Hom doodgemaak. Maar God het Hom van die smarte van die dood verlos en Hom uit die dood laat opstaan. Dit was immers vir die dood onmoontlik om Hom gevange te hou. (Hand 2:23-24)
Dood, doder, doodste? Nee. Na opstandingsondag leef ons uit die geskenk van lewe, lewender, leweste.