CS Lewis vertel in sy boek “Miracles” dat hy net een man ken wat al ‘n spook gesien het. Interessant: voordat die man die spook gesien het, het hy nie in spoke geglo nie. En nadat hy die spook gesien het, het hy nog stééds nie in spoke geglo nie. Ek het ‘n vermoede dit werk net so met wonderwerke. As ons nie ‘n verwagting het dat God wonderwerke kan doen nie, vlieg die wonderwerke oor ons koppe soos ‘n swerm posduiwe terwyl ons net na die vuil kolle op ons skoene staar. Het ons ‘n verwagting dat God in ons lewens kan ingryp? Het ons ‘n verwagting dat God iets nuut in ons gemeente kan doen? Glo jy dat God ‘n wonderwerk kan doen met verhoudings in jou familie?
Ek vervies my soms vir myself as ek so krities na alles kyk. ‘n Vreemdeling sal moeiliker ‘n wonderwerk aan my verkoop as wat hy ‘n nuwe stofsuier aan my kan afsmeer. In ons tyd van cons en skelms kan ons dit nie bekostig om alles vir soetkoek op te eet nie. En die grootste skelms maak juis ons harte sag deurdat hulle vertel hoe lief hulle die Here het. Dis seker nie snaaks dat my siniese antenna dan ook uitspring as ek ‘n wonderwerk in die Bybel raaklees nie. Dan wonder ek of God regtig iets daarmee te doen gehad het dat die Israeliete droogvoets deur die Rooi See getrek het.
Aan die een kant moet Christene nie liggelowig wees en sommer enige storie glo net omdat dit ‘n godsdienstige stropie oor het nie. Maar die gevaar van geengelowig aan die ander kant is dalk groter in die tyd waarin ons leef.
Ek wil jou nooi om saam met my op ‘n reis te gaan. ‘n Reis waar ons weer ontdek dat God ‘n werklikheid is in ons lewe. ‘n Reis waar ons sy wonders in die wêreld sal raaksien