Wetenskapsfiksie (science fiction) is al lank saam met ons in boeke en flieks. Ek onthou nog hoe ek op laerskool voor die TV vasgenael was deur Buck Rogers. Êrens in die toekoms (naamlik 1983!) sou hy deur ‘n “tydstonnel” val tot by die verre toekoms, seker êrens in die 22ste eeu. In amper al die wetenskapsfiksie is daar een of ander poort of deur of hek ter sprake. Sou jy deur dié deur stap, sal jy jouself in ‘n totaal ander plek bevind. Soms in ‘n ander tyd, soos Buck Rogers. Soms op ‘n veraf planeet. En soms in ‘n totaal ander dimensie, ‘n plek waar geen ruimteskip jou heen kan neem nie. Hulle sê mos “truth is stranger than fiction”. Uitvindsels in die wetenskap verstom mens gereeld. Op geloofsvlak is die gesegde net soveel meer waar. Want as Christene glo ons dat daar ‘n dimensie is wat groter is as wat ons verbeelding en verstand kan begryp. Die Bybel noem dit “hemel”, maar ter selfdertyd is dit God se koninkryk wat reeds tussen ons is.
As ons wetenskapfiksie-taal sou wou praat, sou ons kon sê dat Jesus by sy hemelvaart ‘n deur oopgemaak het na ‘n nuwe dimensie. Ons lees in Handelinge 1:
(6) Toe hulle 'n keer weer bymekaar was, het hulle vir Jesus gevra: “Here, is dit nou die tyd dat U die koninkryk vir Israel weer gaan oprig?” (7) Hy het hulle geantwoord: “Dit is nie vir julle om die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie. (8) Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”
(9) Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en 'n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer kon sien nie.
In die eerste plek het Jesus vir ons kom wys dat daar ‘n ander werklikheid is buite die aardse een. Nie net het hy soontoe gegaan nie, dit is ook nou vir ons moontlik om na God se wêreld te gaan. Christus berei ons plek vir ons daar voor, daar in die ander dimensie.
In die tweede plek was Jesus se hemelvaart nie eenrigtingverkeer nie. Veertig dae later stuur Hy vir sy dissipels ‘n geskenk: die Heilige Gees om hulle by te staan. Hierdie Gees van Jesus maak dit vir ons moontlik om te sien dat daar meer is in ons lewens as dit wat ons kan sien. Hierdie Gees maak dit vir ons moontlik om as verteenwoordigers van God se koninkryk te lewe.