My tone gee my altyd weg. Ek het wat mens kan noem ekspressiewe tone. Mense (vriende en vyande) het al baie keer opmerkings daaroor gemaak. Nie spesifiek oor die lengte van hulle nie, alhoewel natuurwetenskaplikes hierdie eienskap al gebruik het om ons evolusionȇre verbintenis met (ander) primate te staaf. Dis ook nie die knoppe tussen toonsegmente wat die meeste gesprekke begin nie. (“Wha ha ha! Jy het tone soos niknaks!” - nie die beste first impression nie.) Ook nie die senings of bloubloedare wat die bokant van my voet so interessante landskap maak nie. Nee. Dis hoe ekspressief hulle is. Dit wat my binnekant voel, wys hulle aan my buitekant. Party mense loop met hulle gevoelens op hulle mou; ek loop met my gevoelens in my voetpunte.
Die beste voorbeeld hiervan is as ek kitaar speel. Veral met die gevoelvolle, buigende tone van blues. Dan buig my tone saam. Strek wyyyyd uit. Di-di-di-di-di: hulle trek ineen om reg te maak vir die “whawhaaaaaaaa!” wat wag om uit te breek. Die hele reȅnboogspektrum van emosies wag om uiting te kry. Van geel vrolikheid tot die donker-perste afgrondswoede. Jou spanning gaan lȇ dalk in stywe skouers of 'n maagseer. Of 'n knaende hoofpyn. My spanning laat my tone ombuig tot onder my voetsool vir almal om my innerlike wroegings te sien.
Dis die dat ek soms maar eerder skoene aantrek, al sou my voete vryheid verkies. Want ek is nie altyd so gemaklik met my emosies nie. Hulle stel my in die verleentheid en wys heeltemal te maklik wie ek is en wat ek voel. Wat gaan my skoonma sȇ as sy weet hoe ek regtig oor haar voel? Of as my kinders weet wat ek nou eintlik vir hulle ma wil sȇ? Ek het 'n sterk vermoede oor hierdie lastige emosies van my: hulle is baie nader aan wie ek eintlik is as my slim en koue kop-argumente. En om my hele ek (met al my troetelgevoeens) voor elke liewer vark uit te gooi?! My liewe mens, dis net te gevaarlik! Pȇrels, jy weet, is veiliger daar binne die oester.
Hoe sad! Ons is na God se beeld geskep. Ek kan 'n stuk van God vir die wȇreld wys. Maar ek wil nie hȇ die wȇreld moet my spesiale uniekheid sien nie. What a waste of 10 sexy toes!
Laat ek dit dan maar hier sȇ sodat jy elke woord kan hoor, my kind: Ek het soveel om te bied. Wat ek graag sal wil doen in my lewe is om wie ek is te ontdek en dan dit te laat uitpop soos candy pop (daai goed wat so fizz in mens se mond). Hierdie jaar wil ek my tone laat wikkel en my unieke specialgeit in woorde en dade omsit. Om myself te express – om myself uit te druk. (Oeps, dit klink nou soos iets wat op 'n wit stoel met 'n gat in gebeur). Dan eerder om dit wie God my gemaak het, net uit my uit te laat vloei. (O gits, ek kom nie weg van daai klein kamertjie af nie. Maar jy verstaan wat ek bedoel.)
Laat ek fokus. 'n Afskeidstoneeltjie...
Ek sit hier op my stoep en tik hierdie woorde. My kaal voete is koel op die leiklippe. Ons land is mos 'n land waar mens baie beter sonder skoene lewe. Ek nooi jou: Join my! Skop daai skoene uit. Ek het 'n voordeel: My tone wys wie ek wil wees. Jy sal maar op ander plekke moet grawe. Sorrie sis. Sorrie boet. Dis hoe dit is. :-)