Kanselknaap Konfessies
  • Home
  • Lees My Gedigte
    • Nuwe Stemme 6
    • Godsdienstige Gedigte
    • Liefde & verhoudings
    • Natuur
    • Die Lewe
  • Luister
    • Luistergedigte
    • Luisterliekies
  • Woordsketse Blog
  • 'n Biki Baie Bloggery
  • Galery
    • Galery
    • Galery_4
  • Wie Is Ek?
  • Kontak My
  • Skakels

'n Belangrike passiespel

4/14/2014

0 Comments

 
Picture
Ek het ‘n groot perd opgesaal. Terwyl ek hier die voorblad skryf, is ek besig om my voet verby my oor te rek om dit in die stiebeul in te kry sodat ek myself op sy rug kan gooi. Die perd se naam is “Passiespel 2014”.  (Resiesperde het soms mos vreemde name.) Ek dink ons kerk het ongeveer 7 jaar terug laas ‘n passiespel aangedurf, en dit was onder die  leiding van die sterk motiverende Ds Joubert. Om alles te kroon, lyk dit of die uwe (dus: ek) die rol van Jesus gaan speel. Dis ‘n wilde perd. Maar dis ‘n voorreg om bo-op so ‘n gespierde verhaal te kan sit. 

  Het jy al ooit gedink wat dit aan jou kan doen as jy die rol van Jesus in ‘n passiespel moet speel? Want jy sien, as jy die rol van Jesus moet speel, moet jy mos in die karakter inklim, soos die drama-mense sê. Dan moet jy in ‘n sekere sin Jesus word. Sjoe, dit klink amper godslasterlik as mens dit so sê. Hoe sou dit wees om Jesus te wees? So ‘n vraag laat mens ongemaklik.

En dit val my by: dit is presies wat elkeen in ons gemeente mee besig is. Ons is besig om al hoe meer Jesus te word.  Shakespear sê mos êrens: “All the world’s a stage and the men and women only players”. En op hierdie verhoog waar ons leef, hou die skares ons dop.  Ons almal speel die rol van Jesus, elkeen met sy eie interpretasie. En soms vergeet ons woorde.

Ek beskou myself nie as ‘n toneelspeler nie. Ek ken nie drama-tegnieke nie. Ek weet nie eers waar om te begin nie. Maar gelukkig, liewe Christen, het Jesus vir ons ‘n afrigter gestuur wat sy storie ken. Die Heilige Gees is die Gees van Jesus. Hy fluister die woorde vir ons. Hy rig ons af. Soos Jesus in versoeking kom, kom ons in versoeking. Soos Jesus huil oor sy vriend, huil ons ook. Soos Jesus verraai word, word ons verraai. Ons word ook kwaad in die tempel. Ons word gekruisig. Deur die krag van God staan ons op. En die Heilige Gees, ons afrigter, wys ons wat om te doen. Sodat die wêreld se oë kan rek wanneer hulle sien dat Jesus nog steeds hier op aarde rondloop.

0 Comments



Leave a Reply.

    RSS Feed

    Kritzglas

    Loop verby
    dalk sit ek vas

    Archives

    April 2017
    June 2016
    August 2015
    January 2015
    September 2014
    June 2014
    April 2014
    August 2013
    March 2013
    January 2013
    September 2012
    August 2012
    June 2012
    March 2012
    January 2012
    November 2011

    Categories

    All

Powered by Create your own unique website with customizable templates.