Kom ons praat oor sonde. Ek vra my stoute nefie een dag of hy partykeer kerk toegaan. “Ek soek nog rond,” sê hy, “maar sover is al die kerke waarby ek was, nog teen sonde.” Ons kerk, is ek bly om te sê, is ook teen sonde. Maar, moet ek bely, ek haat die woordjie “sonde”. Christene se manier van praat oor sonde steek my dwars in die krop. Aan die een kant maak ons daarmee seker dat ons sleg van onsself sal dink en gedurigdeur skuldig sal voel: “O, ek is darem so ‘n verskriklike sondige mens.” Sê hierdie woorde elke dag vir jouself as jy wakker word en jy sal nie net ‘n sondige mens bly nie, maar nog ellendig ook. Jy weet nie waaroor jy skuldig moet voel nie, maar skuldig sal jy voel. Hoor mooi: Die belangrike deel van Jesus Christus se boodskap is nie dat ons foute het nie, want dit weet ons eintlik goed. Die evangelie is die goeie nuus dat ons sonde weggeneem is en ons in vryheid kan lewe. Jesus gee sy lewe sodat sonde nie jou baas hoef te wees nie. Hoekom is ons dan so sondebehep en so bang dat ons op een of ander manier God gaan kwaad maak?
‘n Ander ding wat aan my senuwees saag, is ons lysies van sonde. Ek doen op ‘n keer huisbesoek by ‘n bejaarde oom en tannie. Terwyl die oom ‘n draai loop, fluister sy vir my: “Hy is ‘n goeie man vir my. Hy drink nie en het nog nooit ‘n vinger op my gelê nie. Hy rook, maar dis nie vir my só erg nie.” Die woord sonde is geskaak deur jarre lank se wettiesheid en reëls. Dalk laat die reëltjies jou darem beter voel oor jouself. (“Ek is beter as die Poggompoels, want ek rook, drink, dobbel, vloek en seks nie soos hulle nie”). Wat is hierdie beheptheid met lysies van moenies en magnies? Dis net ‘n instrument om ander te oordeel en om ‘n beter hypocrit te word. Laat ek liewer my hand in eie boesem steek en ondersoek wat in my hart aangaan. God wil nie hê ek moet wette nakom nie; Hy wil my hart verander. Dit is wat Jesus bedoel toe Hy sê:
“Ek sê vir julle: As julle getrouheid aan die wet nie meer inhou as dié van die
skrifgeleerdes en die Fariseërs nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemel
ingaan nie.” (Mat 5:20
Ek lees (in Hand 2:42-46) van die eerste gemeente waar daar nie soveel van sonde gepraat word nie, maar as vergewe mense deur die krag van die Gees geleef word. Ek lees van ‘n gemeente met ‘n positiewe mededeelsaamheid en ‘n na-buite gerigtheid wat van liefde getuig . Ek lees hoe Christene, net soos Jesus Christus, nie ander veroordeel nie, maar uitnooi om te deel in die vreugde van die Here. God wil nie hê ons moet wette nakom nie; Hy wil ons harte verander.