Jy het ‘n afspraak vir 10:30 by die dokter. Vyf-en-twintig oor 10 is jy al daar, want jy is iemand wat betyds is vir jou afsprake. Die ontvangsdame wys jou met ‘n oop palm na die bank waar jy solank kan “wag vir Dokter”. En jy sit. En sit. En sit en blaai deur ‘n hengel-tydskrif (dis al wat daar is). En wanneer jy moeg gesit is, sit jy nog ‘n rukkie. Dit voel vir jou soos ure wat verbygaan… totdat Dokter jou kwart voor 11 in sy spreekkamer inroep. En hierdie keer was jy gelukkig.
Om te wag is nie lekker nie. Ons wêreld is ‘n wêreld van kits-oplossings waar ons net nie tyd het om te wag nie. Sop-poeier vir ‘n sop. Vitamine-poeier vir vitamine. Baba-poeier vir…. (darem nog nie!) En as die KFC of McDonald ons nie gou genoeg help by die “drive-through” nie, raak ons hoogs omge-êllie.
Maar daar is ‘n ander kant van “wag”. Dit is die opwindende woord “UITSIEN”. My kinders sien verskriklik uit na die seevakansie. Hulle tel al die dae af. Dit is vandag ‘n maand voor 25 Desember, maar hulle hande bewe as ons oor kersfees praat. As ons vir iets wag, is die vervulling daarvan net soveel soeter.
Kom ons leer weer die opwindende kant van wag. As ons deur die Bybel blaai, kom ons gou agter dat die Here nie gewoonlik kits-antwoorde gee nie; Hy sê veel eerder:
“Wag en vertrou op My. Op die regte tyd sal Ek jou help”.
Israel moes honderde jare wag voordat die groot Messias gebore word. En ons wag nou al eeue vir die Messias om weer te kom soos Hy na die hemel opgevaar het. As ons hierdie seisoen vir kersfees wag, laat ons onthou dat ons eintlik wag en uitsien op die Here se koms. Want as God tussen ons is, kan niks dieselfde wees nie.