Nou vra ek jou met ‘n traan in die oog: Waarin het die menslike ras ontaard as my hele karakter in my lieflike selfoon-cover ingaan. Dalk is dit net ‘n cover. Net soos ons bakkiesboek (facebook) profiles ook net ‘n cover is. Lees my lippe, liewe leser: Die hunk wat jy daar raak-kyk en raaklees op sy profiel is nie real nie! Dis ‘n cover. Moet hom nie glo nie. Ek ril sommer so soos daai hiënas op Lion King (“Mufasa! Oeeeeeew – say it again!”). Dis scary. Dis scary wat mense doen en hoe hulle hulle-self voorgee, uitgee en verkoop. Daar’s leeus (of is dit varke?) wat pragtige enkellopende dametjies se profiele memoriseer en met die fraaiste simpatieke stemme en stories kom. Dit... is... nie... real... nie!
So jaar of wat gelede kyk ek die fliek “Surrogate”. So tipiese Sci-Fi movie wat in die toekoms afspeel. Teen daai tyd het die mense al agtergekom hoe onveilig die regte wêreld is. (Ons in Gauteng weet dit mos al lankal met ons hi-jacks, rowe, en die occasional oor jou voete val .) Daarom, met die hulp van tegnologie hoef die aardbewoners nie meer di ebuitewêreld aan te durf nie. 95% van die wereld mense lê in ‘n spesiale stoel en hulle breine en alles word aan ‘n masjien gekoppel. En buite laat die masjien hulle life-like “surrogates” rondloop. Én praat en natuurlik alles doen wat jy graag wil doen maar nie die moed voor het nie. Hoe sal jou surrogate lyk as jy een kan kies? Dalk soos jy? Miskiieeen.... Seker net so bietjie beter, bietjie jonger. Aan die ander kant, terwyl ons nou besig is, kom ons maak hom sommer net soos ons wil. En so word die ghrieserige Amerikaanse (manlike) chipsvreter wonderbaarlik verander (met die klap van ‘n tegnologiese towerstaf) in ‘n babe wat Marilyn Monroe laat groen word van jaloesie. (En enige jongman laat rooi word van fantasie.) Scary. Die verskil tussen facebook en “surrogates”? Niks. Net ‘n bietjie meer tegnologie. Bou vir jou jou eie identiteit. Lewe agter ‘n veilige masjien waar jy geen risiko’s hoef te neem nie. Leef jou drome op ‘n plek waar niemand sal weet wie jy eintlik is nie.
Ek wil ‘n alternatief voorstel. Ek weet dit gaan nogals radikaal klink. Maar here goes: Leef jou drome in jou regte lyf. Bou vir jou ‘n identiteit in jou regte vleis. Miskien is dít die rede vir ons identiteits-jag op die sosiale media: ons besef nie mooi wie ons is nie. Wie is jy? En hier’s ‘n uitdaging vir ‘n Christen: Jou en Jesus se identiteite is so in mekaar gevleg soos... Google en Gmail . God het nie ‘n surrogate geword nie; Hy het geweet al ding wat kan werk is die real McCoy. Daar’s net een lewe wat saak maak, die een wat is waar jou lyf is
Gal 2:19-20 Maar wat my betref, deur die wet is ek vir die wet dood sodat ek vir God kan lewe: ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.
God het nie ‘n surrogate geword nie; Hy het geweet al ding wat kan werk is die real McCoy. Daar’s net een lewe wat saak maak, die een wat is waar jou lyf is
Anyway, ek het nog steeds my pers selfoon-cover. Ek hou van hom. En die meer macho een wat my sussie vir my gekoop het, het nie lekker op my Blackberry gepas nie. En sy was verkeerd. Want daar’s mense in die wêreld wat my vat net soos ek is, lavender-en-all.