My lewe is ’n stal. ‘n Stal sonder deure wat oop is vir enigiets of enigiemand om hulle hier tuis te maak. Deurmekaar. Strooi en beesmis wat in die lug hang. Maar oop vir enige ding. Hoekom dan, as ek terugkyk na die jaar wat verby is, voel dit of dit elke keer die blerrie gedrogte is wat die uitnodiging anvaar? Met hulle modderpote hier instorm soos ’n bul in ’n china shop?
Ek kan die monsters name gee, as jy wil. Jaloesie se groen skerppunt- kloue het weerhakies aan. Hy hou my vas en ek is so weerloos soos ’n goudvis aan ’n hoek. Dan is daar Hamerwoorde wat die beeld wat ek van myself het, afbreek en afslaan. Die braakgeel Djeanie-Innie-Bottel wat hier die stal nat kom spuit het met sy vrot asem. Met sy boesemvriend Kneukel kort op sy spoor – hy weet waar om te slaan dat niemand die blou en geel kan sien nie. Daars 'n bende ander ook, en party trek die pragtigste glitter-klere aan. Maar almal bring 'n onvrede in my hart. Geweld. Storms. Modderwater wat oor my spat en ek voel vuil. Hoekom hulle? Konflik. Keer-vir-die-kinders. En ons bly besig-besig aan die gang en hou aan hoop dat hierdie verhouding-vernietigers vansself weer sal verdwyn.
Wat ’n bummer! Dis soos die Daspoort-parkie met die mooi bome, groen gras en lieflike dam. Maar een weggegooide pakkie chips laat nog 2 ander op die gras val. Een dronkie roep twee van sy maats. En voor jy zol kan sê is dit te onaangenaam om jou piekniek-kombers daar oop te gooi. ’n Plek waar engele dit nie durf waag nie. Waar God in sy reinheid nie wil kom nie. God en modder saam? Nee. God en beesmis en weggegooide kondome in die gutter? Nee
’n Plek waar God nie sy neus wil insteek nie? Dié vraag roep vir 'n goeie storie. Wat ’n goeie stuk voorbladnuus kry ons nie in die Christmas Express nie! Is dit nie amazing dat daai danige slim manne hom nie in die paleis gekry het nie, maar in ’n stal met ’n konka-reuk! Daar in die voerbak waar die donkie sy natneus insteek; daar lê die Een wat van God se nabyheid skyn. God en modder? Yes! God en mis? Yes! God en... jy?
My lewe is ’n stal. Met oop deure. Die afgelope jaar was 'n rowwe een vir my. ’n Paar gedrogte het oor my drumpel ingeskuifel. Hulle het my rondgeslat en wou die's naby my lelik bykom. Ek kon op tye nie eers meer dink nie – was net op survival-mode. Soveel van die afdraaipaadjies wat ek so amper gevat het, sou my plat onder die afgrond laat beland. Party spore het ek selfs vir entjies gevolg. As ek nou kyk, sien ek ’n voerbak langs die paadjies se draaie. In die voerbak is ’n God wat die heeltyd daar was by hierdie skaap. (Noem my maar ook 'n donkie as jy wil, ek het al erger gehoor.) En genade-waar, hier sit ek nog!
Soos ek hier sit en tik, is ek net so bly dat daardie kind, daardie Here, nie ’n netjiese paleis uitgekies het om in gebore te raak nie. Want my lewe is ’n stal. En in hierdie stal (wat nog steeds maar bietjie stink) word Hy keer op keer gebore. Dit maak van my nie net 'n stalnie; ek is die stal waarin Hy lewe. Wat Hy uitgekies het om in te woon. Hierdie stal is special. Die Kind lê hier in die krip en Hy't nog baie om te groei. Maar met die kind mog klein, sien ek die wierook en mirre wat ronddans in my stal se hoekies. Soos musquito coil krul dit in die lug en maak die monsters bang. Party is al weg, ander kyk oor hulle skouers en beplan hulle ontsnapping. Die monsters is nie so gemaklik met Hom in die selfde kamer nie.
Here, kom bly in my stal. Laat liefde en vrede hier kom nes maak. Vir goed, want ek het U nodig.