Ek is vir myself, my vrou en ander nabyes Naudé.
Vir twee pragtige jongmense is ek Pappa.
Vir sommige standhoudende formeles is ek Dominee.
Vir jou wat hier lees is ek die skepper van woorde en gedagtes.
Ek is in 1974 gebore op 'n sendingstasie Maandagshoek, maar het in Pretoria grootgeword. Hier studeer maar dom gebly. Ek bly steeds hier tussen die Jakarandas en Witstinkhoute, maar stap graag tussen die stamvrugte van die Magaliesberg in. Ek hou van die lewe. Selfs galsmake proe soos lewe, maar ek hou wraggies nog meer daarvan as daar suiker in my koffie is.