Laas Vrydag-aand skree ek in die reën. Ek stap soos 'n kranksinnige leeumannetjie heen en weer teen die geskeurde draad van my siel. Dis eintlik al Saterdag-oggend. Maar slaap is vir die natgereënde voëls.
Ek skreeu. Ek smeek vir 'n wonderwerk terwyl my belangrikste menseverhouding voor my oë verbrokkel: “As dit ooit 'n tyd is om te wys U is daar, is dit nou!” Maar hoe meer ek smeek, hoe stiller is die antwoord, en my trane val leeg saam met die wolkdruppels grond toe.
Dis vyf dae later. Ek sit die Donderdag-oggend by Deja Vu Guesthouse se Coffee Shop. By die huis is daar te veel telefoon en ander goed wat my naam roep, so hier sit ek en maak preek. Ek werk goed. Daar's 'n jongerige man (30 vind ek later uit) wat 10 uur die oggend sy tweede Hunter's Dry drink. Hy en die waitress ken mekaar duidelik al 'n bietjie. Terwyl ek halfbewus daar sit, vang my oor iets oor 'n vrou waaroor hy bekommerd is. Ek draai my kop en sien in sy kantprofiel die emosionele moegheid. Toe hy opstaan en by my verbyloop, gooi ek my duim boontoe en sê vir hom: “Good luck, man”. Verbasing. “Thank you”.
'n Uur later kom hy terug.Ek trek al by die tweede punt in my preek (“Ons is Almal Verwondes”).
“You're still here!”
“Yip”. So asof dit 'n vraag was.
En hy vertel my sy's oraait. Darem nou oorgeplaas na Steve Biko waar daar water in die krane is. Dit is sy suster wat 'n miskraam op 7 maande gehad het. Die olifantjiekamer gaan nie gou 'n inwoner kry nie. Hy sê iets oor God.
“Oh, do you believe in God?” vra ek.
“I wonder sometimes.” Met die vrouens en kinders wat sommer so in die gange lê. Al hierdie stuff. Êrens voor die totsiens-sê na die 2 minute het ek beduie dat ek in “Hom” glo, terwyl ek my oë wolke toe gooi so asof my Here daar wil woon.
Seker 'n halfuur later (ek dink al hard aan punt 3) en hy storm half-verward verby: “I'm sitting there in the back with a smoke. You're welcome to join me.” En 'n ruk later het ek. Want hy betaal vir my koffie en sy Hunters. Hy sê ek lyk na 'n intelligente persoon. Ek beaam dit nederig. Ons praat oor sy life-coaching boek op die tafel. En die lewe.
“What do you do?”, die befaamde vraag aan 'n dominee.
“A dominee of the NG Kerk.” Mens kan dit net nie in Engels sê nie.
Guy (dis sy naam) se mond val oop. Daar's 'n chapel by Steve Biko, vertel hy my. En anders as wat hy gewoonlik sou, het hy daar ingegaan. Hy't daar gekniel en stukkend tot sy God gebid dat hy vandag 'n prophet van Hom sal ontmoet.
En hier is ek. Die goeie profete was seker nie vandag beskikbaar nie. Wat is die kans?
“You lucky devil”, ek kryt hom amper uit, “I've been asking for a wonder and... nothing.”
En hier kom jy! Easy-peasy. 100% wonderwerk vir jou. Myne dalk 'n verdunde 30%. Miskien is ek net nie bedoel om wonderwerke of tekens te kry nie.
Miskien, dink ek nou, is ek die een wat hulle moet maak.