Hoe sou ‘n brief van Paulus aan ‘n gemeente vandag lyk? Ek het my verbeelding gebruik met die brief van Filippense in my agterkop (veral Fil 2:5-11).
Liefste lidmaat van NG Wonderboompoort
Ek hoor julle is bekommerd oor my. Dankie dat julle gedurigdeur aan my dink en vir my bid. Dit maak die wêreld se verskil aan my. Ja, om aan mense die goeie nuus van Jesus te vertel, is nie altyd so maklik nie. Hier sit ek juis in die tronk vir daardie presiese rede.
Maar julle moenie moedeloos word nie. Al sit ek hier in die tronk, is daar net een wens wat ek wens. My wens is dat dieselfde gesindheid in julle moet wees wat daar ook in Jesus was. Al was Hy God self, het Hy nie selfsugtig vasgeklou aan al sy hemelse skatte nie. Nee, om die waarheid te sê, Hy het sy almag soos ‘n jas uitgetrek en ‘n gewone bloeibare mens geword. Hy het gekies om Homself geheel en al te gee vir ander mense. Hy wou nie kyk hoeveel mag of geld Hy vir Homself kan bymekaarmaak nie. Hy wou eerder kyk hoeveel van Homself Hy vir ons kan uitgiet, selfs as Hy opgehang moet word in die proses. Daarom het God Hom vertrou met die grootste mag denkbaar.
Omdat dít Jesus se gesindheid is, moet julle elkeen elke dag so ‘n gesindheid in julle lewens kweek. Jesus gee nie om hoe hoog julle kerktoring is en of julle fantastiese kerkprogramme aanbied nie. Dink julle regtig God gee om vir klankstelsels, mooi parkeerterreine mooi en of julle predikante mooi preek?
Waarvoor God omgee, liewe lidmaat, is of jy bereid is om jouself te gee vir God en ander mense! Het jy jou vrou lief en dra jy haar op jou hande? Lewe jy as ‘n dienaar vir jou medemens, al is hy hoe aangetrek? Watter soort ouer of baas is jy? Het jy dieselfde gesindheid as Jesus in al hierdie aspekte van jou lewe? As jy hierdie pad wil stap, sal jy agterkom dat jy dan nie jouself verloor nie, maar eerder jouself vind.
Dit is my wens vir julle
Paulus