Die Okavango Delta, so het ek in standerd 5 ontdek, is nie ‘n moeras vol modder en stanke nie. ‘n Lushof, doolhof van helder waterpaadjies waar jy tot op die bodem kan sien. Waar die seekoeipote paadjies trap soos slakspore in onderwater roetes.
Daar het ons geswem. Daar waar die krok agt maande terug ‘n witman gevang het. Was ons mal? Ons was te dom en warm om mal te wees.
‘n Vredevolle plek daar in die kolle van die appelblaar-skaduwees. Ek onthou die skaduwees gretig en vergeet maar die fyn stof en steekson. Ons wag saam met die tiptolle en neushorings vir die son om sagter te word. Dan begin ons ook ons vere regskud en gorrel onsself wakker met bekers koffie.
‘n Stadige pas in vierwieldryf sodat ons die sand op elke voet kan voel. Ons sak diep in die wêreld in as sandgeelhoute langs die tweespoorpaadjie begin opkom. Sak in die aarde in wat soos omgeklitste botter al hoe ryker proe.
Ek mag wit wees. Maar as die dag begin afkoel en die son deur die lae stof al rooier skyn, dan weet ek: hierdie rooi sand van Afrika hoort tussen my tande. Die laatmiddagwind is net so tuis oor my armhare as oor die lang geel grasse van Botswana. Ek is deel van die ritme van die kontinent. Afrika se dromme hou ritme in my hartklop. Sy son en droë lug harmoniseer in ‘n bas soos ‘n leeu se brul. Dit ululu en tril in my soos die vinke wat aan riete hang.
My bloed is Duits, Frans en Nederlands. Maar die hart wat die westerse bloed deur my lyf skiet, pomp Afrika. Ek is een van die wit stam van Afrika.
Viva.